SYF15-097 is ‘n manlike, goed gebalanseerde bul met baie kwaliteit. Eienskappe wat opvallend is op SYF15-097 is sy breedte, lengte, diepte, toplyn, manlike kop met ‘n geweldige sterk bek, goeie bene en kloue, goed geformde testes en ‘n netjiese skede. Hierdie is ‘n beproefde stoet bul en het reeds ‘n groot hoeveelheid kwaliteit kalwers in die bedryf verwek. Sy moeder, SYF07-104, is ‘n super vrugbare koei wat spog met ‘n TKP van 365 dae oor 10 kalwers. Hier is ‘n bul wat werklik ‘n aanwins sal wees vir enige stoet kudde.