Saad Aandele (Semen Shares)

SYF 16 057 is ‘n gladde haar bul met besonderse diepte en kapasiteit. Hy het ‘n goeie toplyn, breedte, kloue en bene. Die bul is struktureel baie korrek en spog met uitstekende teelwaardes. Hierdie bul is geteel uit sterk maternale lyne uit beide moeders en vaders kant

LAR 16 332 is ‘n donker manlike bul met goeie skof ontwikkeling en balans.  Hy het ‘n baie netjiese skede,  met goeie vel en haar. Hierdie bul is genomies skoon getoets vir die myostatin geen en word huidiglik baie suksesvol in verskeie stoet kuddes gebruik om verse mee oop te maak. 

LAR 15 423 is ‘n baie aantreklike bul, met buitengewone goeie liggaamslengte en toplyn. Hy het ‘n sterk kop, goeie sterk bene en kloue.  Hierdie bul is aangekoop by Up-george Bonsmaras in 2018 en is gekies op grond van sy uitstekende moederlyne waaruit hy geteel is. Sy kalwers is uiters groei kragtig en speen besonders swaar.  

AG 13 736 is bul met baie mooi diepte, balans, sterk bek, sterk oogbanke, sterk onderkaak, goeie skede, skrotum, bene, kloue en goeie breedte. In kort ‘n bul wat baie korrek is met min foute.

Bethal, Mpumalanga | (+27) 084 627 7866

© 2020 Hassim Bonsmara.

  • Facebook